Ratings1
Average rating4
"Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van 'n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling. In Florence sien sy die vliegtuie in die torings vasvlieg; op 'n Noordsee-eiland tref 'n yslike ding haar; in SA raak sake al hoe wilder"--Back cover.
Reviews with the most likes.
As leser kon ek spoorsny op die lewe en ontheemdheid van Vin deur die oë van Lien Botha. Dit laat die leser ook die self konfronteer, met eie ontnugtering van die lewe wat nie altyd uitspeel soos in ons naïewe jongmensdrome nie.
Dit is ‘n lieflike boek oor ontnugtering, ontheemdheid en ‘n toenemende vervreemding van self, van huwelik, vriend en vaderland.