Bloedsomer

Bloedsomer

Ratings1

Average rating5

15

Hierdie is nou regtig meesterlike misdaadfiksie. Nie dat ek ‘n kenner is van die genre nie, maar ek het nooit gevoel of Sidney Gilroy met my as leser speletjies speel om my op dwaalspore te lei nie. Sy karakters is so goed gedoen en sy skryfstyl heerlik vermaaklik, al is dit ‘n ernstige temas.

Selfs die uiters relevante onderwerp van genadedood wat nou wye publisiteit kry, word vlugtig aangespreek

Ek het die Sollie Mthembu reeks geniet, maar ek sien uit daarna dat Petunia binnekort ‘n knievervanging kry, sodat Sidney vir ons ‘n opvolg kan skryf. Hopelik sal sy haarself dan ook weer opwerk na haar vorige rang.

March 15, 2024Report this review