Ratings1
Average rating4
Helena Gunter is een van daardie skrywers wat ʼn baie groot lesersmark met wye leessmaak sal tevrede stel. Dit is tydloos soos dié van Dalene Matthee, Eleanor Baker, E Kotze, Chris Barnard en Elsa Joubert.
Soos haar vorige werk, is Gunter se werk toeganklik, maar terselfdertyd ʼn uitdaging vir die leser, vol patos en insig in lewenskwessies. Haar verhale is soos die lewe self, dit verloop nie altyd vlot of na verwagting nie, maar dit ráák jou.
Alhoewel dit kontreiverhale en plaasstories is, verval dit nooit in nostalgie, of die stroperigheid en romantiek oor plaaslewe nie. As jy soek na wrede verhale oor ongenaakbare boere, gaan jy dit ook nie hier vind nie. Dit is verhale van mense, met al hulle geite en mankemente. Die manier waarop almal mekaar takseer, getuig van skerp waarneming, oor dekades heen.