Die Opstand van Poppie Nel

Die Opstand van Poppie Nel

2020 • 232 pages

Ratings1

Average rating4

15

Hoe langer ek oor die boek gedink het, hoe meer was daar vir my aan die boek. Dit is baie slim geskryf, met baie subteks, baie diepte, maar nie so dat jy nie die storie kan geniet nie. Dit is ‘n opbouende storie oor ‘n baie moeilike onderwerp.

Daar is soveel temas, seksuele molestering en aanvoring, die pad na herstel daarna, die soeke na ‘n vaderfiguur, en die kontras tussen goed en kwaad word ook deeglik uitgewys.

Temas uit van sy vorige boeke word ook herhaal, soos ‘n man se bemoeidheid met ‘n verstotene uit die gemeenskap wat in Tussen die Klippe ook ontgin is. Bybelse name word ook gebruik, Lukas Lucas, die Bybelse heler wat randfigure verteenwoordig.

My kritiek op die boek sou dalk vir ander ‘n sterk punt wees. Plek-plek het dit vir my gevoel soos ‘n handleiding wat gebruik word by die terapie van gemolesteerde kinders en die taal te akademies. Dit sou wel goed kon werk as sulke kinders die boek lees, hoewel meer toeganklike taalgebruik dit dalk juis in daardie gevalle beter sou laat werk.

Julle kan gerus hier gaan luister wat sê die skrywer self oor die boek: https://www.youtube.com/watch?v=oJx80DqCT7g

June 11, 2020Report this review