Katvis

Ratings1

Average rating5

15

Hiert jou Katvis! Alhoewel die Katvis hier ter sprake baie ver verwyder is van die avonture van Grootbek en Katvis uit ons vroeë televisiejare, wil ʼn mens tog ‘hiert' roep, as jy die voorblad van Annelie Botes se Katvis sien.

Hoe weet jy iemand is ʼn goeie storieverteller? Alles maak dadelik sin in terme van tyd en ruimte, die karakters is nie verwarrend nie en jy hoef nie voortdurend iets op te soek om die betekenis van woorde te koppel aan gebeure nie. Dit is altyd goed as daar diepte is, iets daaruit geleer kan word, terwyl dit terselfdertyd vermaaklik en/of boeiend is. Wys eerder as vertel. So was al Botes se vorige boeke, en so is Katvis ook. Hier is ʼn meester storieverteller aan die woord.

“Gekatvis deur ʼn gewetenlose bedrieër.
Uitgelok na ʼn gasteplaas wat nie bestaan nie.” (p. 27)

Katvis word sterk aanbeveel vir enige persoon wat van ‘n goeie storie met ʼn snaarstywe spanningslyn, sonder onnodige pretensie hou. Ook vir dié wat iemand ken wat al geraak is deur katvissing, of op enige manier uitgebuit is deur ‘n gewetenlose persoon

May 14, 2023Report this review