Maanschijnbaai: Jo & Sue
2012 • 563 pages

Ratings1

Average rating5

15

Hierdie was regtig een van die lekkerste boeke wat ek in ‘n baie lang tyd gelees het. Indien jy nie bekend is met Chanette Paul se boeke nie, maak ‘n plan. Hierdie een WIL jy saamneem hierdie komende vakansie. Net een waarskuwing - Koop sommer nou al die tweede een, Nan & Jeannie ook, want jy gaan wil weet wat het verder van die kasarm geword.

Ek woon naby Maanschijnbaai, in Bloumond. En my naam is Sue. Altans, dis hoe ek gevoel het toe ekChanette Paul se eerste boek in die Maanschijnbaai tweeluik, Jo & Sue, gelees het. Die inspirasie vir haar die Maanschijnbaai boeke, het sy gekry in my tuisdorp, Kleinmond. Nou wie sou nou nie nuuskierig wees nie?

Na Jo & Sue moes ek net eenvoudig weet wat van die karakters en daardie kasarm word. En sy stel nie teleur nie! Ek was effe ongesteld vir ‘n rukkie en het allerhande krisisse beleef, en dan is dit mos net die tyd om jou sorge te vergeet en jou kop te skud vir daardie sletspul.

Hierdie keer was Nan & Jeannie die spil waarom dinge draai, maar ek ... ag ek bedoel Sue ... en Jo se lewens is steeds ineengevleg met dié van die ander twee. Hulle leef volgens die Calitz girls se reës:

Jy maak niemand moedswillig seer nie. Jy kom niemand doelbewus te na nie. Jy gun mense om te wees wat en wie hulle is solank hulle jou nie moedswillig seermaak of te na kom nie. Jy vergewe hulle as hulle dit wel gedoen het en insien dat hulle dirooggemaak het. As hulle dit nie insien nie, sny jy hulle gewoon uit jou lewe. Meet ‘n bietjie jouself, jou familie, jou gemeente daaraan en kyk hoe vaar jou bende. (Nan aan Gideon)

March 18, 2013Report this review