So ook op die Aarde

So ook op die Aarde

2023 • 122 pages

Ratings1

Average rating5

15

So ook op die aarde, se titel voorspel reeds dat hier ʼn besonderse verhaal wag. Sinspeel dit op die Sweedse filmmaker Kay Pollak se fliek As it is in heaven? Of ʼn meer Bybelse interpretasie?

ʼn Hele klomp verskillende emosies word by die leser wakker gemaak binne die eerste paar bladsye. Dit is ook tekenend van haar vorige werk, dat sy emosie kan ontlok deur doodgewone sinne, daardie oënskynlike moeitelose vloei wat so bitter moeilik is om te skryf. Daar is ʼn erotiese ondertoon wat in sulke skoon taal geskryf word, dat jy wonder of jy jou verbeel.

Twyfel oor geloof en die algemeen aanvaarde word in die mooiste taal uitgespreek, deur meer as een karakter. Geloofsekerheid was sekerlik nie ʼn gegewe, selfs in daardie strak tye nie. Geloof is nie maklik nie en die kerklike leringe en sy gesagsfigure kry ook pak, veral oor oordeel sonder die liefde wat hulle predik, en seksuele teistering in ʼn tyd toe die vrou veroordeel is daarvoor.

Om woorde soos hierdie te lees, is ‘n oase in enige woestyn van die gees: “Sulke belydenisse wat met ‘n lang lys sondes begin - die kleineres, die groteres, dié wat verborge is – dit alles sê ouma Pop is boekwoorde. Dit staan nie uit jou eie asem uit op nie. Maar dan, om sonder die voorgeskrewe gebede, sommer net so met God hier by jou te praat, maak jou weerloos soos ‘n sporrietjie, ‘n eendagblom onder die skroeison. Dan is jy ‘n miertjie onder God se oog, staan jy onbedek voor Hom.”


March 15, 2024Report this review