Ratings1
Average rating4
Reviews with the most likes.
Daniël Lötter is bekend vir sy bundels oor rare karakters, dwars karakters, moordenaars en spoke.
Blou Bloed is ‘n verfrissende blik op die wêreld van adellike titels en geskiedenis, Met sy skerpsinnige styl en diep begrip van die onderwerp, lewer Lötter ‘n bundel wat jou laat besef dat die klomp adellikes wat op een of ander manier bande met Suid-Afrika het of gehad het, ook maar net mens is. Mev Tibbie Steyn het die Britse koning na haar huis ontbied, en ouma Issie Smuts het vir die Griekse koning koffie in ʼn emaljebeker by die kombuistafel geskink. Oom Org van Onselen van Bloemfontein het eers gedink dis sy ou neef Flip Raaswater, toe hy die koning in 1947 sien. Jan Smuts kon sy oë (en hande) nie van prinses Frederika af hou nie.
In hierdie bundel word baie van die skandes en skades waarvan ons niks weet nie, se feite op ‘n feitelike, tog vermaaklike wyse uitgebeeld.