Gerugte van 'n ontvoering
Gerugte van 'n ontvoering
Ratings1
Average rating2
Reviews with the most likes.
Die boek het só interessant begin, maar het vinnig verflou. Dit was ‘n vervelige heen-en-weer gekarring oor ‘n skildery, deur karakters wat my nie in die minste geboei het nie. Selfs Ella Neser het haar fut verloor.
Chris Karsten was die skrywer wat my oorreed het dat die genre die moeite werd is om gelees te word, met die Abel Trilogie. Daarna het ek verskeie skrywers aangedurf en boeke gekoop wat buite my normale leessmaak val. Daarvoor sal ek hom altyd dankbaar wees.
Hierdie boek is regtig nie op die standaard wat hy self gestel het nie. Dit is my tweede Chris Carsten DNF, maar ek gee ‘n ekstra ster vir die bitter interessante stukkie vooraf.