Ratings1
Average rating4
Hierdie was een van die vreemdste boeke wat ek hierdie jaar gelees het. Is mos oos is ‘n surrealistiese, byna absurde roman. Dis ‘n boeiende boek . . . dis ‘n vreemde boek. Dit laat ‘n hol kol op die maag. As jy die laaste bladsy lees, laat dit jou half verbluf, want jy is nie heeltemal seker wat jy so pas gelees het nie.