Ratings1
Average rating4
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
Hierdie historiese roman het my aangegryp op verskillende vlakke. Vooroordeel teen Engelse, Afrikaners, swartes en Jode wat grens aan Xenophobia, word in die Vrystaatse platteland uitgebeeld teen die agtergrond van WW11.
Temas van verlies op verskillende maniere, wroeging, vergifnis word aangespreek.
Die karakters word baie werklik uitgebeeld, daar is ‘n verskeidenheid mense, soos wat ons hulle ken. Die boek lees maklik, hy lees lekker, maar dit is geensins ‘n oppervlakkige boek nie. ‘n Liefdesroman met baie diepte.
Vier en ‘n half sterre van my.
Gaan luister hier na ‘n gesprek met Sophia Kapp oor die boek:
https://www.youtube.com/watch?v=I-mNjAI-KOc&feature=youtu.be