"Speuradjudant Storm van der Merwe weet dit nog nie, maar die grootste uitdaging van haar loopbaan wag op haar. Die kusdorp Hermanus hou vir die eerste keer ooit 'n skrywersfees. Deel van Storm se afgesaagde verpligtinge is om by die gemeenskapsaal kywie te hou voor die laaste Covid-regulasies uiteindelik opgehef word. Maar toe daag Isa du Bois, die sterskrywer van die dorp, nie op vir haar sessie nie. Haar liggaam word dieselfde oggend nog in Kwaaiwater se Mosselrivier gevind. Vier en twintig uur later kom 'n visterman af op nóg 'n lyk - weer 'n vrou, dié keer jonk en swart. En dan is daar 'n derde slagoffer, 'n belangrike kulturele rolspeler op die dorp. Drie dae, drie vroue. Hoekom drie, hoekom hierdie drie?"--Back cover.
Reviews with the most likes.
There are no reviews for this book. Add yours and it'll show up right here!