Prins van Margaux se hart
Prins van Margaux se hart
Ratings1
Average rating5
Reviews with the most likes.
Margaux verbreek haar verhouding met Chris tot die skok van haar ouers, verlaat die korporatiewe wêreld waar sy uitstekend gevaar het in die familiebesigheid, en vertrek na Frankryk om ‘n kunskursus te doen aan die École des Beaux-Arts. Alles verander toe sy probleme met haar visum kry, op pad Parys toe en sy Dawid Malan by die ambassade ontmoet.
Soos in enige romanse, is daar intrige en spanning en ‘n held wat jou lus maak om verder te lees. Die verhaal is gestroop van onnodige draaitjies, dinge wat gebeur is funksioneel.
Dit is duidelik dat die skrywer haar navorsing behoorlik gedoen het, dat sy die die plekke waaroor sy skryf, besoek het. Hierdie leser was sommer jaloers oor Margaux se besoek aan Monet se tuine in Giverny, tydens my enigste besoek ooit aan Parys was dit gesluit vir instandhoudingswerk.
Margaux se idee met funksionele kuns wat betref wynbottels, is baie kreatief. Wie weet steel iemand dalk nog haar idee?
Die taalgebruik is keurig, die boek se bladuitleg en taalversorging is baie besonders en professioneel gedoen. Daar is duidelik baie moeite gedoen met uitstekende redigering en proefleeswerk – dit verdien vermelding. Madame Z Uitgewers staan nie ‘n aks terug vir werk deur enige groot uitgewer nie.
Sekere gebeure rondom Chris (eks-verloofde) het ek wel bietjie cliché-ish ervaar.
Hierdie is ‘n storie wat elke romanseleser sal geniet, veral die wat van ‘n bietjie stoom op die brilglase hou. Margaux wat so vasberade was om haar droom te leef, swig uiteindelik en tref ‘n kompromie –ter wille van die liefde.