Ratings1
Average rating5
We don't have a description for this book yet. You can help out the author by adding a description.
Reviews with the most likes.
In hierdie vierde roman van Cas Wepener ‘Roman', word die verhaal van die navorser Danie Gouws vertel, wat in die Klein-Karoo navorsing doen oor kultuur-historiese gebruike en gegewens. Toe hy te doen kry met die stories rondom die historiese figuur, die wreedaard Gert Bloubaard Swanepoel, ontwikkel hy ʼn fassinasie met die karakter. Veral omdat daar soveel verskillende weergawes van dieselfde storie is.
Lesers assosieer meer met sekere karakters in ‘n boek as ander, dikwels omdat die karakters eienskappe of ervarings het waarmee die leser kan vereenselwig. Dit kan gevoelens van herkenning en besondere bekendheid ontketen, maar dit het nie noodwendig iets met reïnkarnasie of vorige lewens te doen nie. Of het dit? Kan karakters wat wissel tussen hede en verlede parallelle lewens lei? Die newelagtigheid waarin die skrywer hierdie leser telkens mee verlei het om die skakeling en oorskakeling tussen toe en nou besonder eg te laat voel, asof dit maar een verhaal is, is knap hanteer.
Lesers van historiese fiksie en ook mense wat diep geraak word deur menslikheid, die liefde wat stelselmatig kan ontspoor totdat mense mekaar kan sien vir wie hulle werklik is, gaan vasgevang sit.