Ratings1
Average rating4
"Daar was nog nie 'n gesin soos die nie. Altus Saayman se lewe is nie maklik nie. Wat sou jy gedoen het as jy deel was van 'n familie wat geseën en gestraf is met magiese kragte? Sy pa ken die toekoms ten dele, sy ma het helende hande en sy suster Dinnie kan van vorm verander. Om nie te praat van die probleme wat sy grapjas-oom, sy geheim-stelende tante en tog-so-goeie nefie hom besorg nie. Altus se krag? Met woorde toor hy, vertroos hy, as liegbek-kind en later as volwasse skrywer, tot die gaping tussen dit wat is en dit wat kan wees net so vaag en maklik oorbrugbaar raak soos die grens tussen ons wêreld en sy storie-land. Wanneer die werklikheid Altus eindelik ketting, besef hy daar is 'n uitweg - mits hy 'n prys betaal wat geen mens sal betaal nie. Die alternatief, egter, om die vooraf bestemde te aanvaar en gewoonmens te bly ... Ondenkbaar."--Cover.
Reviews with the most likes.
There are no reviews for this book. Add yours and it'll show up right here!